Geen lewendige donkies op Noord 您所在的位置:网站首页 港币对人民币汇率贬值的原因是 Geen lewendige donkies op Noord

Geen lewendige donkies op Noord

#Geen lewendige donkies op Noord| 来源: 网络整理| 查看: 265

Olifantshoek - Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het geen lewendige donkies op 'n plaas buite Olifantshoek in die Noord-Kaap gevind nie.

Dit kom nadat 'n ondersoek na vermiste donkies in die Olifantshoek-gebied gelei het tot die ontdekking verlede week op 'n plaas waar donkies na bewering onwettig afgeslag is. 

'n NDBV-inspekteur, Mpho Mokoena, sê baie van die diere is wreedaardig geslag om hul velle te oes. Sy sê volgens werknemers op die plaas is donkies daagliks afgeslag. Die vermoede bestaan dat meer as 30 donkies daagliks van kant gemaak is. Met die DBV se besoek aan die plaas is daar slegs karkasse en velle gevind. Mokoena sê van die karkasse is begrawe.

Mokoena sê 'n ondersoek is begin nadat klagtes van vermiste donkies van die plaaslike gemeenskap ontvang is. Heinrich Smit en Dawid Papie is verlede Woensdag by hul onderskeie huise in verband met die donkieslagtings in hegtenis geneem.

OFM-nuus



【本文地址】

公司简介

联系我们

今日新闻

    推荐新闻

    专题文章
      CopyRight 2018-2019 实验室设备网 版权所有